Toulon rope in Jake

Toulon rope in Jake

Struggling French club Toulon have acquired the services of Jake White as an adviser.

The World Cup-winning coach will only be with the club from 3-22 December, but president Mourad Boudjellal believes any input can help at this stage. Toulon are currently at 11th in the French domestic competition.

“Even I have my limitations and may still be in certain respects a president of a second division club, who for so long dreamed of gaining promotion,” said Boudjellal. “I want to find out what is not working and that is why I have looked outside the club for an opinion.”

John Connolly was initially brought in to aid Tana Umaga but clashed with the incumbent manager and was quickly removed.


200 Comments

Pages: « 1 2 3 [4] Show All

  • 151.Sheriff: Reply to this comment

    #147 Pietman:

    :lol: :lol:

  • 152.WP Till I Die: Reply to this comment

    Almal het gedink ek sal ‘n dominee word.

    Wys jou hoe min hulle geweet het! :lol:

  • 153.Sheriff: Reply to this comment

    #145 grootblousmile:

    Raak wys!

    (Cape Cullert equivalent of “get with the prog”)

  • 154.grootblousmile: Reply to this comment

    #146 Sheriff: My Pa was ‘n Geskiedeniskenner………. hy moes op ‘n stadium in sy lewe ‘n baaaaie intense studie maak van al die veldslae wat nog ooit op SA bodem geveg is.

    Dit was ALTYD moerrrrrrrr interessant om enige plek in SA heen te ry, want my Pa het altyd gestop op plekke en ons laat uitklim, veld toe waar hy vir ons in detail verduidelik het waar die Engelse vandaan gekom het, waar die boere gelê en wag het, hoe die veldslag plaasgevind het en hoeveel aan elke kant gesneuwel het…. dan wys hy ons ook die grafte, loopgrawe en so meer.

    Selfde ding met al die veldslae teen die Zulu’s….

    Interessante feit, my Pa se ma (my ouma) was gedurende die Boere-oorlog gebore in ‘n grot (holkrans) net oor die grens aan die Lesotho kant, daar naby Clarence en Golden Gate.

    Daar het hulle geskuil saam met die Eerste Rooi-Afrikaner beeskudde wat ingeteel was………

  • 155.Pietman: Reply to this comment

    #152 WP Till I Die:
    Almal het gedink ek sou gaan boer, my landbouskool toe gestuur selfs.
    Maar toe raak ek te dors daar tussen die wingerde en begin mos stook….

  • 156.Pietman: Reply to this comment

    #154 grootblousmile:
    Jammer jy het nie jou pa Matjiesfontein toe gevat nie, hulle grou nog steeds Lee Metfort-doppies en Bully Beef blikke daar uit van die 10,000 Engelse wat daar kamp gemaak het.
    Dis waar kakiebos vandaan kom, Matjiesfontein, saad het saam met die perde se hawer die land ingekom uit die VK.
    Gaan lees daar in die bar by Lord Milner, moerse interessant.

  • 157.Sheriff: Reply to this comment

    #154 grootblousmile:

    Ja maar sit jy die tradisie voort?

    Dit was in daai jare baie meer ingeprent by die kinders. Natuurlik was daar politieke motiewe ook, maar die byproduk was dat mense ‘n beter begrip gehad het.

    My pa is nou 70 en ek probeer maar so om alle stories uit hom uit te ontgin.
    En so stukkie vir stukkie kom ek agter die kap van die byl…

    Ons moet die geskiedenis probeer verstaan om die toekoms sinvol te onderhandel. En om by die praktiese feite uit te kom is maar soms moeilik want dit is heeltyd ingekleur deur ideologie…

  • 158.grootblousmile: Reply to this comment

    #156 Pietman: Ek ken die kakiebos-storie…

    Ek het ‘n sak vol Mauser en Lee-Metford patrone gehad wat van orals deur onsself uitgegrawe is, op die trips saam met my pa….. moes natuurlik op ‘n stadium daarvan ontslae raak want dit was steeds gereken as lewendige ammo….. toe het ek dit maar geskenk aan die meuseum daar in Pretoorsdorp.

  • 159.grootblousmile: Reply to this comment

    #157 Sheriff: Man, ek wou jare lank my Pa laat sit voor ‘n video-kamera en laat gesels oor alles…….. toe nooit daarby uitgekom nie………. dis ‘n skande, want my Pa is mos nou so 3 maande gelede oorlede……….

    Ek doen maar dieselfde ding met BonzaiGBS….. wys hom wat my Pa my gewys het…. en so aan.

    Dis hoekom ek sê, Fanjan Pretorius se boeke is so goed, want dit gee ‘n baie ewewigtige beskouing van dele van ons Geskiedenis….. gesien uit elke oogpunt !

  • 160.Pietman: Reply to this comment

    #158 grootblousmile:
    Interessant, ek se.
    Mens moet eintlik die kinders sulke dinge vertel, meeste van hulle weet nie van die Boer/Brit stryd nie, hulle dink dit was altyd n swart/wit konflik in ons jong demokrasie.

  • 161.grootblousmile: Reply to this comment

    #157 Sheriff: Vat jou Video kamera saam na jou Pa wanneer julle gesels, broer….. moenie maak soos ek gemaak het nie, maak soos ek sê !

  • 162.Sheriff: Reply to this comment

    So bv wil ek nog ondersoek instel oor die tendens in Kaap en omliggende gedeeltes oor die aksent van die “cullerts” of dan noue “bruin mense”.

    Terloops die gedeeltes waar ek grootgeword het word seker van die suiwerste (indien daar so iets is, sê maar Alg beskaafde uitspraak) Afrikaans gepraat.

    My vermoede is dat gegewe die geografiese voorkoms, dit direk verband hou met die slawe in die kolonie. Onthou Afrikaans was mos maar as ‘n kombuistaal “uitgeskel” deur die Engelse, aldus Prof Pont.

    Voorts vermoed ek dat die maleier (malay) ook ‘n deurslaggewende rol gespeel het hierin, maar dit blote “gut feel”

    Die tragedie van so baie mense is natuurlik dat hulle nie ‘n vae idee het hoekom hulle leef en dink soos wat hulle doen nie.

  • 163.Sheriff: Reply to this comment

    #161 grootblousmile:

    Ek **** jou broer.

  • 164.grootblousmile: Reply to this comment

    #160 Pietman: Ja, die Britte het mos die Lee-Metford en Lee-Enfield gewere gehad, meestal….

  • 165.jean-jacques: Reply to this comment

    poor toulon, mb. jake can do something with the forwards, or is he “depasse” now, we’ll get get a glimpse next wednesday, is the game televised?

  • 166.Pietman: Reply to this comment

    #162 Sheriff:
    Ek dink dis maar deel van die Afrikaanse dialek, die manier wat die Kaapse mense praat.
    My pa ‘pgaaat oek soe’, en so praat die Namakwalander weer anders, en die Bosvelder, en die Upingtonner, en so aan.
    En dikwels is die woordeskat regionaal, ek meen, min mense verstaan die Namakwalandse woordeskat (woorde soos ‘gaat’ vir koffie en ‘bies’ vir dikmelk.)
    As jy na PdeV se Afrikaans luister, dan is dit so goed jy **** my broer praat!

  • 167.grootblousmile: Reply to this comment

    #162 Sheriff: Ja jong…. solank ons almal net besef dat ons behoort vas te klou aan ons Geskiedenis, aan ons elkeen se paadjie waar hy vandaan kom………. dit is wat ons land gevorm en geskaaf het…….. en dit behoort ons trots te wees en te bly.

    Ek sal natuurlik hemelsbreed met jou verskil oor waar die suiwerste Afrikaans vandaan kom…….. hehehe…… dit kom van die Vrystaat af man….. daar tussen Kroonstad en Viljoenskroon……… waar my mense vandaan kom !

  • 168.jean-jacques: Reply to this comment

    sheriff, grootblousmile, pietman, aseblief, do you mind taking up less cyberspace, met jou kakpraat, dankie.

  • 169.Pietman: Reply to this comment

    #168 jean-jacques:
    Sorry, sallie werie…

  • 170.grootblousmile: Reply to this comment

    #166 Pietman: Jy het maar self ‘n lekwar Afrikaanse Aksent ou Pieta….. as jy so hier na my toe bel in die oggende vroeg en die dogter antwoord, dan sê sy….. “Dis daai Oom wat so snaaks praat”….. dan weet ek dis Pietman oppie lyn !

  • 171.grootblousmile: Reply to this comment

    #168 jean-jacques: Ag, gaan loop skyt innie mielies man !

  • 172.Sheriff: Reply to this comment

    #166 Pietman:

    Nee ek aanvaar dit so, maar hoekom dit so is, is wat my fassineer. Onthou in die vorige dispensasie is baie geld belê en strukture geskep om studies te doen oor die Afrikaner ensomeer – geen probleem daarmee.

    Maar in die huidige dispensasie is die bruin mense weer ‘n te veel van ‘n minderheid om soortgelyke projekte van stapel stuur. Nie dat ek op ‘n moerse “bruin mission” is nie, maar die deursnee persoon dink net nie daaraan nie. Dis vir die man wat daaraan dink om gestalte daaraan te gee.

    Of soos die Kapenaar wat sê “iek” vir ek en die Vaalpens wat sê “ak”

    Dan is daar ook mooore en more…

  • 173.Pietman: Reply to this comment

    #170 grootblousmile:
    Se haar ek is n Capie, sy was sieka noggie innie Kapie!

  • 174.Sheriff: Reply to this comment

    #168 jean-jacques:

    Gaan speel buite.

  • 175.Sheriff: Reply to this comment

    #173 Pietman:

    Lyk my nou dat jy in Suid Korea is praat jy meer Afrikaans as ooit tevore.

  • 176.Pietman: Reply to this comment

    #172 Sheriff:
    Nasionaliste het kuk gemaak in 1952, vra jou pa.
    Of gaan lees die sgn Harris-beslissings van die Kaapse hooggeregshof, (AD).
    Toe hulle die ‘kleurling’ van die kieserslys afgehaal het.
    My pa vloek nou nog daar oor.
    Predikante in die politiek wat kuk gemaak het vandaar af aan tot nog toe, vanaf DF Malan destyds tot Mak Stofile vandag.
    Almal dominees…..
    As Smuts nie in 1948 verloor het nie, was ons n ander land vandag.

  • 177.PissAnt: Reply to this comment

    #152 WP Till I Die:

    Strange the same was said about me…

    I just preach a different gospel!

  • 178.Pietman: Reply to this comment

    #175 Sheriff:
    Ek oefen!
    En dis hoekom ek op keo is ook, om bietjie Afrikaans te ‘****’, buiten die politieke perspektiewe wat n ou hier optel van oor die hele wereld se Saffas.
    Dit maak keo vir my lekker.

  • 179.grootblousmile: Reply to this comment

    #176 Pietman: Het jy in ‘n Sappe-huis grootgeword ??

    Damn, daar was darem daai tyd hewige familietwiste oor Natte en Sappe ook….. as jy van die een soort was het jy nie eers gewaag om met die ander soort te meng of te trou nie….. jy sou summier onterf gewees het en soos ‘n ou lap weggegooi gewees het.

  • 180.Sheriff: Reply to this comment

    #178 Pietman:

    Ja dit maar moeilik om net normaal te verkeer, alles word verpolitiseer.

    Maar my gevoel is dat die ding homself sal uitwoed.

    Ons moet baklei maar sal mekaar weer êrens op gemene grond vind. Dis ‘n SA wat ek en jy opgewonde oor kan raak.

  • 181.grootblousmile: Reply to this comment

    #180 Sheriff: Jy weet wat, met al die baklei en al die stront kom mens meer en meer agter dat hoe meer jy verskil, hoe meer en meer is jy eintlik in baie opsigte en in wese dieselfde.

    Ons land se mensies is nou maar vir eens en altyd nie gemaak om te gaan lê nie, en te fight tot die bloed loop vir dit wat vir ons belangrik is….

  • 182.Pietman: Reply to this comment

    #180 Sheriff:
    Sal so wees, ons is te ongeduldig.
    Korea het 5,000 jaar geneem om n demokrasie te vind wat werk, hoe oud is onse land?

  • 183.Sheriff: Reply to this comment

    Nog ‘n selfopgelegde taak vir volgende jaar is om die invloed van Jode in SA verder te ondersoek.

    Wil oa Tony Leon se boek lees en net so vir 6 maande daarop fokus om dit beter te verstaan.

    Geen anti-semitiese agendas, doodgewone soeke na beter begrip.

  • 184.Sheriff: Reply to this comment

    #181 grootblousmile:

    Ek dink, nie dat al baie tyd in die buiteland deurgebring het nie, maar as jy ‘n Suid Afrikaner daar raakloop, dan voel dit seker soos familie.

  • 185.Pietman: Reply to this comment

    #179 grootblousmile:
    Ja, oupa was n ou harde Sap, het vanaf Parow na De Grendel gestap om n woordjie met De Villiers Graaf te wissel as hy beswaard was.
    Ma se familie teenoorgestelde, Natte uit die Kalahari, ek in die middel soos n outjie wat tennis kyk tydens politieke gesprekke in die huis…en ma brei net al vinnger en skud haar kop as pa politiek praat!
    Moes n video-opnemer gehad het daai tyd…

  • 186.Sheriff: Reply to this comment

    #182 Pietman:

    Ons het ‘n bloedbad vermy maar sal nog ‘n harde pad stap in die toekoms.

    Maar daar is deurbrake. Die dat ek wil hê die ANC moet val, want hulle boer rêrig agteruit.

  • 187.Sheriff: Reply to this comment

    #185 Pietman:

    Ek ken toevallig ‘n afstammeling van De Villiers Graaff met dieselfde naam.

    Hy is getroud met iemand wat saam met my vrou op koshuis was. Nou kyk daai meisiekind kan dans – nie langarm nie. Ou Divvie het maar so op sy manier probeer by hou.

    Snaaks genoeg was hulle saam daar by Huis De Villiers!!!

  • 188.grootblousmile: Reply to this comment

    #184 Sheriff: Ja….. ons almal is Afrikane….. uit Afrika………. ons voel net regtig tuis in Afrika…

    Ons is maar gewoond aan mekaar se grille en dinge….

    My Pa het altyd gesê “Ons is so lief vir mekaar, dat ons mekaar eintlik haat” !

  • 189.Pietman: Reply to this comment

    #188 Sheriff: #189 grootblousmile:
    Okei, ek ga ees loep, gou gakyk wat so lekka ruik daa in die ko’buis by Pampoen….vinnige doppie sluk in die livieng room oppad soentoe…en dan moet ek by my werk gaan check en boeke vat vinnig.
    Tjek djulle laters.

  • 190.Sheriff: Reply to this comment

    #189 Pietman:

    Ons praat weer Pieter en GBS (amper skryf ek sy regte naam)

  • 191.jean-jacques: Reply to this comment

    waar is pietman nou, is hy van bellvile af, cy.

  • 192.Pietman: Reply to this comment

    #192 jean-jacques:
    CFR, Kraaifontein, Scottsdene.
    Maar dit het fcol met jou uit te waai nie.

  • 193.Pietman: Reply to this comment

    #192 jean-jacques:
    Weet jy iets van rugby, of is jy nog net n nonsensprater soos Tulsa, wpboytjie en saru1983?
    Indien wel, is jou kuk geboek hier op keo, by my…

  • 194.4man: Reply to this comment

    They clearly need some decent locks in that team.

  • 195.jean-jacques: Reply to this comment

    pietman speel jy rugby?

  • 196.grootblousmile: Reply to this comment

    #195 jean-jacques: He did play rugby…. at his advanced age it is not reccommended anymore……..

  • 197.grootblousmile: Reply to this comment

    …. Pietman should be about 155 years old now….. I know he just barely missed the Great Trek……….. hehehe

  • 198.jean-jacques: Reply to this comment

    grootblousmile, pietman quoted, saffas

  • 199.jean-jacques: Reply to this comment

    grootblousmile, pietman quoted, saffas are in demand, they dont mind hard work,are sociable, and liked by their hosts, he forget to add that we are good-looking too.

  • 200.jean-jacques: Reply to this comment

    grootblousmile, i think pietman, must change his name to piet retief

Pages: « 1 2 3 [4] Show All

Keo.co.za has always promoted uncensored views, but has never tolerated racist or crass outbursts. Come on guys and girls. If you can't moderate yourselves or each other then I am going to be forced to regulate the posts and enforce a registration process for comments. The choice is yours.

Have your say

You must be logged in to post a comment.